So elke nou en dan gooi die mode industrie ons met ‘n vuile.
Hier is agt mode giere wat my laat gril as dit in die oortreffende trap gedoen word, want jy kry iets soos TE ekstra.
1 Ons word bles van al die knippies in ons hare wat alles behalwe doen om jou hare uit jou oë te hou
Ek het van haarknippies en alice bands gehou voor Blair Waldorf dit weer cool gemaak het, maar hoeveel knippies kan op een mens se kop pas? Partykeer wil ek vir mense my kleintyd ballet haargel aanbeveel, want dit lyk of niks anders werk nie en die beste deel is wanneer dele van die knippies oor hulle wangbene kom, want MODE. Mag jy nooit in ‘n elektriese heining vasloop nie, want met al daai staal en metaal in jou hare, dink ek nie jy gaan dit maak nie.

2 Meisies kla dat daar nie meer hoogtepunte in hul lewe is nie, want al die highlighter sit op hulle gesig
Om jou gesig te ‘bak’ vir 20 minute is nie meer goed genoeg nie, ons wil blink ook! Die probleem is, en ek is self skuldig, jy weet nie waar om te stop nie en dis okay, ek verstaan. Ek blameer die Kardashians. Dis een ding as ‘n grimeerkunstenaar vir 3 ure jou beste kenmerke uitbring, maar dis ‘n ander ding as jy met ‘n blosser kwas ‘n dun en strepie op jou neus probeer trek in twee minute. My geheim is om wanneer ek in die kar klim, met ‘n sneesdoekie oor my gesig te druk om onnodige produk af te kry. Dit maak mens nogals bang as jy na die tyd na jou sneesdoekie kyk, want nog ‘n gesig kyk vir jou terug.

3 Crop tops word nog korter
Ek voel dat ontwerpers die woord ‘crop’ te ernstig opvat. Hoeveel keer kan jy iets crop voor dit lyk soos ‘n verlepte haarband? Ek hoop dis ‘n trend wat amper oppad uit is, want ek kan eerlikwaar nie dit werk toe, kerk toe of eintlik enige plek op Google Maps dra nie… tensy ek ‘n mom jean dra wat my bring tot my volgende punt…

4 Mom jeans is terug
Om met jou eerlik te wees, hoekom was mom jeans ooit UIT die mode? Ek moet bieg, ek is eerlikwaar ‘n aanhanger van hierdie vreemde een. Mom jeans is die rede dat ek uiteindelik op die denim trein gespring het, want jy kan jou potlood van die grond af optel sonder dat Vrydagaand se gemorskos by jou naeltjie uitloer. Baie mense hou verby, maar ek lief ‘n paar mom jeans al dra my eie ma nie eers mom jeans nie. Unfriend my, ek sal verstaan.

5 Om soos ‘n hawelose van die 90’s te lyk kos jou R1000
Moene jouself nederig hou nie – jy weet presies waarvan ek praat. Jy het hulle al in die mall gesien of Uber het hulle al langs jou afgelaai in die straat (hulle ry nooit self nie). Jy was tien ten een al op die punt om vir een van hulle jou laaste R5 te gee en toe besef jy, wag, hierdie persoon se uitrusting kos meer as my tandartsafspraak.

6 Mense plant lettterlik wenkbroue op hulle voorkoppe en hanteer dit soos ‘n boerdery
Jy weet, vir iemand wat met wenkbroue wakker word in die oggend, lig ek hulle net as ek sien hoe lyk party mense se landerye of soos ek dit noem – wiel bande. As jy natuurlike donker wenkbroue soos ek het, bly stil, se dankie en pluk jou unibrow gereeeld. As jy nie het nie, is dit ook mooi. Kleur liggies in met ‘n potlood en gaan aan met jou dag.

7 Almal loop met ‘n FRIENDS t-hemp rond al weet die jeug nie wat ‘n Rachel is nie.
Die ‘Friends’ hemde is orals. Almal dra dit. Minder kyk dit en nog minder is van plan om dit te begin kyk – Ek blameer Netflix. Waar is die ‘7de Laan’ en ‘Noem my Mevrou At Koster’ hemde’ en ‘Isiding-my-Nou’ hemde? Ondersteun plaaslike name, ons ekonomie kort geld om die Eskom prestasie bonusse te betaal. Jy weet mos.

8 Tekkies oftewel sneakers is die millenial manier van ‘n spaar plan. Hoe meer pare in jou kas het, hoe groter is jou rykdom.
Watter hakke? Steek weg, dis soooo 2015 om stiletto’s in jou kas te hé. Ek dra op die oomblik sneakers, maar kan nie verstaan hoe dit ‘n Tinder date heeltemal kan maak of breek in die eerste vyf minute nie. Hulle praat van die ‘sneaker culture’ en kry tot geheime partytjies waar net die cool hawelose kinders genooi word.

BONUS: Crocs suck (nog steeds)

Op die ou ende van die dag kan jy doen wat jy wil. Dis jou lewe en jou lyf, Ek was net lus om bietjie te kla.
Annette
XoXo
Tien uit tien
LikeLike
Haha…dankie vir hierdie blogpost! Stem saam pot die donerse crocs!
LikeLike
hehehe ek het dit nou geniet en sal weer kom lees hier!
LikeLiked by 1 person