Ssslangvel is weer in ssstyl

Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout dra… as die sak van slangvel gemaak is, natuurlik!

(Disclaimer: ek het ‘n lekker lisp aan my, so dit was nogals ‘n ssstorie toe ek hierdie blog eers hardop lees vir Instagram Husband.)

Die swart mamba, Suid Afrka se langste slang is so hoog soos twee Eben Etzebeth’s bo-opmekaar – ‘n hele 4.5 meter. Dus dra ek liefs die faux weergawe om my lyf as die reptiel. Britney Spears kon dit dalk regkry, maar ek beslis nie. Goed, tyd om ernstig te raak.

img_5337

Slangvel is beter as tiervel. Hoekom? Kom ek vertel jou!

Die slangvel-motief is neutraal en werk goed by enige kleurskema veral bruin, room, roosgoud en spierwit. Die rokkie wat ek aanhet is beskikbaar by Nicci Boutique.

Dit steek bra-vet en gister se pizza weg, want die interessante patroon kamoefleer enige areas wat jy wil vermy.

Slangvel op slangvel lyk nie soos ‘n overall nie, maar net OVERALL fantasties!

zara-snake-print-trend-274115-1543856183138-product.1200x0c

Slangvel motief lyk goed op enige iemand se Instagram-feed, want dis ‘n mengsel van diè in-kleure op die oomblik. Wie wil betaal vir ‘n Lightroom preset as die patroon op jou broek dieselfde effek het?

Dit werk by enige persoonlikheid – tot by die slang in die kantoor van wie jy niks hou nie.

Dit laat jou so sjiek soos nog iets lyk. Dra dit saam met herfs se ‘mode uniform’ wat bestaan uit ‘n oorgrootte trui, t-hemp wat net-net uitsteek, stewels en midi-romp soos hier gesien by Zara.

zara-snake-print-trend-274115-1543856184437-product.1200x0c

Leer en slangvel saam is soos Bonang en Gert-Johan Coetzee in een vertek – magic!!

As die skoen jou pas, trek hom aan! Een van my gunsteling voordele van slangvel dra, is die feit dat dit by enige skoen pas – van sneaker tot combat boot! Die einddoel is natuurlik om Steve Madden slangvel stewels te koop wat tot bo in jou binneboud kom.

White-Balmain-Blazer-Sale-2018-650x975

As jy bang is, begin klein! Ek het ‘n serpie by H&M gekoop em om my neutrale handsakke gebind. Toe ‘n t-hemp… toe ‘n rokkie! Nou wil ek sommer tiervel en slang-motief meng en so opdaag by modeweek. Lewe is te kort om nie soms te pik en ekstra te wees nie.

Ter nagedagte… wat is beter as een slang in die gras? Twee!

Ek en my een vriendin, Adéle, het perongeluk dieselfde idee gehad en in plaas daarvan dat die gif uitgekom het, het ons ons naweek-lyfies uitgehaal. #tydvirngrootpartytjie

annette-dewet-always-anne

Volg my assblief op Instagram by @annette_dewet. Okay dan, totsiens, ek gaan nou ‘n bietjie hiberneer.

Screen Shot 2020-03-09 at 16.42.03

Always, Anne

xoxo

FOTOGRAFIE: @ashswartz_photogrpahy

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s