Dames, sê my wat SY naam is. Jy weet, daai oulike skepsel wat saam met jou in isolasie sit wat jy soms, net soms, met die koekroller wil slaan oor die kop. O, wag, ons is millennials so jy sal hom seker wil slaan met jou Nutribullet.
Hoe lief ek ook al vir my man is, hier is 7 dinge wat hy doen wat my irriteer tydens die inperking. Die woord ‘inperking’ irriteer my ook.
1 Ek moet elke dag, heel dag, sit en kyk hoe hy eet wat hy wil.
Weet julle hoe bly was die sadis in my toe Woolies nie meer pasteie mag verkoop nie… hy snack mos 2 pepper steak pasteie voor ete. My ma het een keer genoem dat hy dalk wurms het terug in 2013. Hy het haar nog nooit vergewe oor die aanmerking nie. Wel, ek dink daai wurms het al kleinkinders gekry daar binne…
2 Hy oefen nie, maar het meer spiere as ek.
Ek is op ‘n oefen masjien rol, want vir twee jaar het ek gesukkel om my energie terug te kry na ‘n baie lelike burnout…. dalk doen ek nog ‘n blog post daaroor, maar dis lelik, so ek weet nie.
So doen ek Kayla Itsiness se BBG program drie keer ‘n week, hardloop 5km in my sitkamer op Saterdae en doen my aanlyn ballet klas. Hy. Hy doen ‘n paar pushups op die trap en kom nooit verder as 3km in die sitkamer nie, maar pronk van die spiere. Hy het ook ‘n 6-pack. En V-lines wat se lyne meer perfek getrek is as ‘n laerskool juffrou se handskrif.
Intussen soos ek rond draf van my rusbank tot die eetkamertafel skaaf ek my bobene bloedrooi, want ek het nie ‘n thigh gap nie. My thigh gap sit tussen my voortande en dis okay.
3 Hy raas met my as die groente verval
Kyk, ek eet gesond en ek gaan nie elke dag winkel toe loop vir ‘n appel en ‘n ‘ui’ nie, so van tyd tot tyd gaan klein bietjie van die goed af gaan in ons yskas. Hy kan dit nie verstaan nie.
Ek het wel ‘n geheim ontdek… sodra die spinasie se einde nader kom, gooi ek dit in ‘n pot. Dan hoef ek letterlik net een teelepel te eet wanneer dit gaar word, want dis al wat oorbly.
4 Hy wil nie tien uur bed toe gaan nie.
Ek is ‘n oggend mens. Hy is ‘n aand mens en nou met lockdown wat alles bietjie mal is, is vreemde slaappatrone seker normaal. Plus ons is dan by die huis, so waarvoor moet ons reëls hê – sê hy. Ek verskil.
5 Sy TikTok videos doen beter as myne.
Ek het ‘n TikTok account begin en gedink ‘okay, dalk is ek nie te oud vir hierdie nie’ en ek was selfs beïndruk met die bietjie views wat my videos reeds gekry het. Hier kom hy (laat ons liewer nie sy ouderdom weggee nie) en kry dubbel die hoeveelheid views met sy eerste video.
6 Die Xbox verslawing is real.
Ek het nie ‘n probleem dat hy homself besig hou nie, maar die Xbox is gekonnekteer aan ons TV.
Ek is mos verbied om die Kardashians te kyk in ons huis, so nou gebruik ek maar hierdie tyd om dit skelm op my foon te kyk. So, dis eintlik ‘n wen-wen.
7 Ons baklei oor die verwamer.
Ek kry koud. En my hond kry ook koud. Hy dink ons is ekstra (okay, ons is seker) en gaan aan oor die prys van koopkrag en en en. Dis winter, baby, toe nou.
Laastens irriteer dit my dat hy nog steeds perfek is aan die einde van die dag. Laat ek maar die Nutribullet gaan bêre weer…
Laat weet my in die kommentaar wat jou irriteer van jou ander òf beter helfte en volg my asb op Instagram: https://www.instagram.com/annette_dewet/
Always, Anne
xoxo