Ek wou ‘n blog skryf oor 10 aaklige dinge waarmee vroue met kurwes kan vereenselwig, maar toe maak my man vir my dié lekkerste koffie, nou voel ek nice.
Ja Karen, jou kat is ook nice.
1Beyonce, Wie yonce?
Jy word vergelyk met sterre (haha, jy’s slim as jy hierdie pun gevang het) soos Jennifer Lopez, Beyonce and Kim Kardashian. Komplimente oor Khloe Kardashian en Kylie Jenner tel nie – hulle ‘sterre’ is danksy prosedures. 😉
Um hello, wat is beter as om met die wêreld se moosite vrouens vergelyk te word? Ja, jy mag maar goed voel oor hierdie een – dis hoekom hy nommer een op my lys is.
2 Mense dink jy oefen elke dag.
By een tydskrif waar ek gewerk het, wou die meisies altyd weet hoeveel squats doen ek ‘n dag. Ek het later hoop opgegee en net geantwoord: 100. 100 Squats ‘n dag.
Ek het soveel respek gekry en dis ironies, want ek squat dalk een keer ‘n dag om my skinny jeans, met moeite, oor my einste kurwes te kry.
3 Jy het nie ‘n ekstra kussing by ‘n braai nodig nie
Ek kon nog nooit verstaan hoekom van my vriende (en veral manlief) altyd ‘n ekstra kussing onder hulle moet sit nie…
4 Leggings lyk amazing aan ons
Kenners waarsku om weg te bly van leggings, maar daar is niks wat leggings so mooi vul soos ‘n vrou met kurwes nie. Jy het al daai vrou op die Seepunt Promenade of Durbanville se vrugtemark gesien waar dit lyk of die leggings haar van agter af begin eet, ons het nie daai probleem nie. *Disclaimer: daardie selfde vrou kan ‘n stywe leerbroek dra soos ek nooit sal kan nie, so dis net ‘n skadelose waarneming.
5 Jou foon val nooit in die toilet nie
Thigh gap? Meer soos taai gap.
6 Kurwes doen wonders vir jou liefdeslewe
Hoekom dink jy noem die kenners dit LOVE handles, mense? Sag = sensueel.
7 Die uurglas illusie
As jy daaroor dink, hoe groter jou heupe, hoe kleiner lyk jou middel. Askies, middelkie. ‘KIE’ in Sonja Herholdt pitch. Perfek!
8 Dis maklik om sexy te lyk sonder om te probeer
Ek bedoel hierdie met die grootste respek, want dis moeilik as jy ongewenste fluite kry in die straat, omdat jy geneties anders gebou is, maar tog kan jy dit in jou voordeel gebruik.
Nee Juliana, ek sê nie jy moet suggestief aantrek nie, maar laat jou heupe die praatwerk doen wanneer jy volgende keer ‘n oulike man ontmoet.. of net wil hê jou man moet vanaand die skottelgoed was.
9 Jy lyk nie soos elke vyfde ander vrou met dieselfde Woolies rokkie nie
Dis soveel moeiliker om klere te kry wat pas as soveel winkels in 2020 nog steeds nie klere verkoop wat heup-vriendelik is nie. Daarom moet ons soveel harder shop vir die regte broek of denim. Tog hoef jy nooit daaroor te kommer dat twee ander vrouens in Checkers dieselfde klere as jy gaan dra op ‘n Maandag-middag nie. Okay, waar is die broodrak?
10 Blykbaar is ons kinders slimmer…
Volgens nuwe studies blyk dit dat vrouens met kurwes meer omega-3 vetsuur in hulle liggaams bevat wat noodsaaklik is vir brein ontwikkeling in kinders. Boom!
So, volgende keer as jou selluliteit deur jou Cotton On oefenbroek vir jou loer, loer terug! Want weet jy wat, ek is in my dertigs en ek het beter dinge om met my tyd te doen as om ‘benoude boude’ deur die lewe te gaan.
Spot my, wees jaloers of gee ‘n lelike aanmerking oor my lyf – dis okay, moet dan net nie skynheilig wees en na die tyd bybelversies op Facebook deel nie.
Tot volgende keer,
Always Anne
Volg my asseblief op Instagram HIERSO.
Of HIERSO.
xoxo
Nou lekker gelees aan jou tong in die kies. Waarneming: As die agterstewe te plat is, pas geen jean ordentlik nie. Die kledingstukkies is blykbaar vir gemiddelde boude gemaak.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek waardeer. ☺️ Baie interessant om te weet. Nooit so daaroor gedink nie.
LikeLiked by 1 person
baie dankie vir block ek geniet my curves en is trots darop..
LikeLike