Het jy al jou Baskiti mandjie?

jana-leonard-baskiti-hanging-basket

As jy regtig wil dink jy is cooler as ekke, moet jy vir jou ook ‘n Baskiti mandjie kry.

Dit was gedurende die inperking wat Jana Leonard (stigter) se diebaarste babaseuntjie, Axel, sy liefde vir resies ontdek en met aartappels, soetpatat en uie as sportskarretjies begin improviseer het.

“Aanvanklik was dit super oulik, maar klomp squishy aartapels later, en ek moes vinnig aan ‘n oplossing dink.”

So is Baskiti gebore – super stylvolle en praktiese handgeweefde hang mandjies met bykomstighede.

jana-leonard-baskiti-hanging-basket

“Die doel was om ‘n mooi produk te maak wat ook terselfde tyd prakties is. Inperking het my geleer om jou huis meer ‘homey’ te maak, maar ook om minder goed orals te laar rond lê – te declutter. Ons wou dat Baskiti waarde bydra en nie net nog iets word wat in die pad is nie,” sê Jana.

Wat ek persoonlik van Baskiti hou, is dat dit nie net prakties is nie, maar jy kan ook in ‘n japtrap ‘n Instagram-vriendelike fokus muur skep deur die mandjies op te hang en self ‘n paar plantjies binne in sit.

Die Baskiti Hanging Basket is 35cm hoog, 22cm wyd en het ‘n handvatsel wat mooi aan die Baskiti hook hak. ‘n Lekker wenk is om paar van die hooks teen die muur te hang waar jy en jou gesin jul maskers kan bêre, want dis ongelukkig nog die einde van inperkings en maskers nie.

jana-leonard-baskiti-hanging-basket

Die nuwe reeks het ook ‘n liner wat sal help dat jou kinders se speelgoed, soos lego, nie deurval en ook dat jy nie hoef uie skille op te vee as jy eerder ‘n glas wyn kan geniet nie.

Koop jou Baskiti deur LMDA Lifestyle of kontak Jana direk by baskiti@jackandjillcommunications.co.za vir meer inligting of groothandel.

jana-leonard-baskiti-hanging-basket

xoxo

Always, Anne

Volg my asseblief op Instagram vir nog meer en ietwat.

3 thoughts on “Het jy al jou Baskiti mandjie?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s