10 swanger dinge wat Google jou nie sê

Annette de Wet Always Anne Blog Cape Town

Eerstens as jy ‘n verwagtende mamma is – baie geluk! Wat ‘n groot voorreg wat so baie mense as net vanselfsprekend aanvaar.

Ek is tans 21 weke swanger en ek beleef tans ‘n oorvloed van swanger swagger. Dink dis te danke aan my lekker ‘healthy glow,’ al is dit eintlik net ‘n hoop bloed wat te vinnig pomp… I’ll take it.

Hier is 10 dinge van my swangerskap wat ek maar so self self moes uitvind.

1 Almal wil weet of jy opgooi, maar neem nie in ag dat jy nie hoef op te gooi om HEELTYD naar te wees nie. Nee, die samelewing het dadelik minder simpatie en neem aan jou swangerskap is maklik as ‘morning sickness’ nie ‘n ding by jou is nie.

Ek kon byvoorbeeld in my eerste trimester glad nie koffie drink nie – decaf, natuurlik! Dit het my so naar gemaak. Om rou vleis te sien of ruik was nog erger. Ek dink ek het vir 12 weke op pakkies chips, wit brood en pastas sonder souse geleef.

2 Pantyliners is so underrated. Punt.

3 Jy bly moeg, maak nie saak watter raad jy volg nie. Ek is moeg om moeg te wees.

3 Ek groei ‘sidies‘ op my gesig soos ‘n Texas cowboy, maar net aan die linkerkant. My man het so lekker gelag toe ek dit vir hom uitwys en ewe blatant gesê “Jaaaa, kyk, dit maak nog donsies ook!”

Blykbaar maak een van die hormone dat swanger vroue meer hare kan kry op enige plek van haar liggaam soos byvoorbeeld oor haar maag of borste, maar nee, myne is sommer op my gesig haha. Ek is tans in die bebat van om te skeer of nie te skeer nie. Sê nou maar net dit groei dubbel terug? Dis seker okay, daar het al erger goed met my gebeur.

4 Jy kan oefen (praat net met jou dokter oor jou max hart tempo) maar my susters, laat ek jou nou vertel… jy GAAN gewig optel en dit GAAN met jou kop smokkel. Ek verstaan die konsep en embrace my toenemende gewig, maar hel, ek bly mens en vir iemand wat nog altyd sukkel met body dysmorphia – dis ‘n draaglikse mental uitdaging.

Jy spiermassa verminder en word vervang met sagter donsies en dimpels. Blou are soos ‘n spoortrein verskyn daagliks op jou bates en ja hulle word groter, maar nie noodwendig perkier nie.

5 Mense het altyd ‘n opinie en in my geval was die eerste 20 weke se hoof aanmerking: “Maar jy lyk nie swanger nie!” en “Jy dra so klein” en “Dit lyk net soos ‘n period bloat.” Net soos wat aanmerkings oor hoe groot jy word onaanvaarbaar is, is die teenoorgestelde net so onsensitief.

As ‘n mamma van ‘n reënboog-baba is die laaste ding wat ek wil hoor dat ek nie swanger lyk nie. Dit skep aaklige angs oor of my baba nog okay is. So hou jou opinies vir jouself en vertel vir my eerder net hoe AMAZING ek lyk of jy dit bedoel of nie… 98% van julle doen dit in elk geval, so baie dankie.

6 Ek love hoe die samelewing geleer het om eers te vra voor hulle vat. Nie een persoon het al sonder toestemming aan my bump gevat nie. Ek haat drukkies, maar vir een of ander rede is ek okay daarmee as jy aan my magie wil vat. Vra net!

7 Jou man dink jy is ‘n absoluut goddess! 🙂

8 Sommige mans dink dis nog 1980. Ek het ‘n voorval gehad wat ‘n mansmens onaanvaarbare aanmerkings oor my lyf gemaak het en in my gesig gelag het oor die “nat, geswete vark” wat ek binnekort gaan wees. Ek SKAAM MY DOOD as ek jou ma was. Wees beter!

9 Die band tussen jou en jou baba is seker die grootste *magic* wat jy ooit sal ervaar. Ek het dadelik geweet ek is swanger, maar moes 10 dae wag voor ek die bloedtoets kon doen om dit te bevestig. Ek het ook geweet dis ‘n seuntjie. Noem dit ‘mommy gut’ of net wat jy wil.

Ek weet watter oefeninge maak hom gelukkig en watter smake hy die meeste geniet. Ek weet ook wanneer ek hom irriteer en kan voel wanneer hy in sy slaap om draai om nog lekkerder te lê.

10 Laastens, maar dalk die belangrikste: JA, ek mis my middeltjie en om te gaan hardloop. Ek besef ek gaan nooit weer vir ‘n naweek kan inslaap en lui-lui Netflix binge watch of elke Fashion Week bywoon nie, maar WOW, wat ‘n voorreg om ‘n klein mensie in my pensie te mag grootmaak.

En al mag ek nie nou so groot gaan by die gym nie, het ek nog nooit so selfversekerd of mooi gevoel nie. Ek is freaken Wonderwoman en salueer al my die ander Wonderwomen wat mammas is.

Dis tough, maar ons is tougher!

Volg my asseblief op Instagram hierso.

ALWAYS, ANNE

XOXO

2 thoughts on “10 swanger dinge wat Google jou nie sê

  1. Dis so waar en pragtig. Toe jy se jy kannie vleis doen nie., wou ek raai dis n seuntjie🤣🤣. Myne is nou 30. Ek is so bly jy geniet dit. Dis geweldig kosbaar. Mag ek vra wat is n reenboog baba?

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s