Ek is hierdie jaar vyf jaar getroud. Dis hopeloos te lank as jy dink dat my langste verhouding voor ‘Instagram Husband’ maar vier maande was.
Maar ek kla nie, die getroude lewe is soos ‘n kult – die ring is jou lidmaatskap. Vir een of ander rede dink mense ook ek en Willie is ‘n power couple. Nou tensy dit iets met loadshedding te doen het, is ons so normaal soos koffie met twee suikers.
Ek voel wel dis my plig om met julle die volgende kult kaskenades te deel.
Maar voor ek verder gaan – ons klere is van Old Khaki. Om stylvol te lyk terwyl jy gemaklik voel, is alles. Hierdie mooi jumpsuit nommertjie kos jou R650 in winkels.

Hier is 20 dinge wat getroudes jou nie sê nie.
(disclaimer: gebaseer op die de Wet en de Wet huishouding)
1 Jy baklei nie regtig oor die remote nie.
2 Sy klere word jou klere. Daar is niks wat snoesiger slaap soos ‘n hemp wat pas soos ‘n een-man-tent nie. Goed vir die gemak… en die selfbeeld.
3 Die een dink altyd die ander een help minder in die huis. Ek het aanvaar hierdie is een wat jy nie gaan wen nie.

4 Cuddles op die bank is nie meer so lekker nie. Soos wat jy ouer word, begin jy rug probleme en rustelose bene kry en dan soek jy s-p-a-s-i-e.
5 Mens raak nie gewoond aan ‘morning breath’ nie, jy raak net slimmer. Een sluk koffie doen gewoonlik die ding.

6 Jy maak vrede dat hy jou salon sjampoe gebruik soos R30.00 winkel bottels wat op afslag was.
7 Jy word kwaad as die hond meer van hom hou. Hoekom lê sy nie oor my bene nie? Ek is seker sy het hoër gespring toe sy hom sien na werk. Hmmm…
8 Mens kry nie meer ‘n grilling as jy na die tyd besef ‘o, dit was eintlik sy tandeborsel’ nie.
9 Die blomme word minder, maar die grappe word meer. Soms neem ons videos om vir ander mense te wys hoe snaaks ons is, maar dan gee hulle daardie verpligte rinnike. Solank die ander een lag, bly klou ons aan die stand up comedy droom.

10 Jy word aangevat omdat jy nog nie ‘n begrafnis polis het nie. Jis, was ek boos. Hoekom wil hy nie vir my begrafnis betaal nie?Of erger, wat laat jou dink ek het een nou al nodig?
11 Hy wil nie meer jou Instagram foto’s neem nie, maar jy moet hom help met sy Twitter oor gistraand se 7de Laan. As jy ooit vervelig is met data wat nie wil opraak nie, soek vir Dik Willie op Twitter. Hy staan 57 followers sterk. Ek vat hom uit as hy 100 maak.
12 Julle begin van dieselfde TV-reekse hou. Hy was so kwaad vir Chuck Bass se pa toe hy die besigheid terugvat in Gossip Girl terwyl ek gehuil het toe Terminator dood gaan. Kom Arnie, probeer probeer!

13 As ‘n vriend/in jou kwaad aandoen, is die ander een reg vir wêreld-oorlog.
14 Dit raak normaal dat hy jou maandelikse ‘voorraad’ optel by die apteek en jou bel voor almal om te vra ”light of heavy flow?” Jip, ek het dit gesê en ek own dit.
15 Mens trek gereeld perongeluk dieselfde aan na sosiale geleenthede en ander mense kom dit gewoonlik agter voor julle doen!

16 Jy het iemand om al jou lelikste selfies voor te stuur en mees grusame stories van die dag te vertel. Niks is buite perke nie. Perongeluk ‘n trippel-ken foto geneem? Stuur dadelik aan vir manlief.
17 Jy wil hom iets aan doen, dalk so vier keer ‘n week. Dis normaal! Dit waai vinnig oor.
18 Wie koffie maak, is belangriker as om te vra wat vir aandete is. Moenie daar gaan nie! As hy nie maak nie, bly stil en aanvaar dis jou beurt.
19 Julle oordeel ander mense se babas en aanvaar dat julle eie baba net die beste skepsel ooit gaan wees. Wel goeie môre my sonskyn, die baba deel immers julle twee se gene. #windgat #eintlikmeergataswind
20 Dit raak nooit vervelig nie, dit raak net beter! Daar is niks so lekker soos om getroud te wees nie. As jy in ‘n suur huwelik is… gooi sout daarop en drink hom soos ‘n goedkoop tequila.


Oraait julle, dis dit. Volg my op Instagram by annette_dewet en laat weet my watter stories julle meer van wil Sien.
Always, Anne
XoXo
Klere: Old Khaki
Fotograaf: Ash Swartz Photography
-33.925219
18.424076