Celebrity make up artist antwoord ALLES wat ek wil weet

Gigi Hadid – check. Kaia Gerber- check.
Nie net het Raine Tauber al die mees bekende modelle in die wêreld mooi gemaak nie, sy het ook al grimering gedoen by Londen, Milaan en Parys se mode weke. #itdoesntgetbetterthanthat

93300384_513806565978270_7500578931403274102_n
Raine Tauber (Instagram)

Raine is ‘n internasionale grimeerkunstenaar en Agentskap Direkteur by LMDA ATLELIERS wat die offisiële skoonheidsvenoot vroeër vanjaar by AFI Mode Week in Kaapstad was.

91114425_123849792553060_794514698511640831_n

@bycarlholman

Ek weet nie eers waar om te begin nie, jy is SOOO groot inspirasie in die industrie en ek is verslaaf aan jou Instagram.

Die werk wat jy by AFI gedoen het was ongelooflik, maar almal praat nou nog oor oor dié Gavin Rajah vertoning… 

“Gavin Rajah se vertoning was in opsig self ‘n loopbaan hoogtepunt. Daar het mense na die tyd in trane na my toe gekom en geluk gewens.”
Almal praat nou nog oor die groot oog grimeerkuns wat Raine toegepas het by die vertoning Kan jy glo dat sy en Gavin inspirasie van ewe Jack Sparow aka Johnny Depp gekry het? Dit was ook simbolies dat mense hulle oë moet oopmaak oor wat in die wêreld aangaan.
Voorbereiding by ‘n mode week begin by die ontwerpers waar hulle die inspirasie agter hulle nuwe reekse deel vanwaar Raine dan elke reeks vat en grimeer moodboards skep wat die reekse komplimenteer. Hierdie idees word dan uitgetoets wanneer modelle vir hulle fittings gaan.
Natuurlik moes ek haar eerste vra hoe om te contour
“Alles gaan daaroor om die egdes te blend en seker te maak die skakering is nie te grys of te warm nie. Bou jou contour stadig op deur een groter en een kleiner grimeerborsel te gebruik – dit skep diepte en definisie. Moet  ook nie die ‘copy & paste’ manier gebruik nie. Kyk wat werk vir jou gesig, so doen bietjie ekstra moeite en kyk waar jy dit nodig het.”
Sy is reg – jy gaan mal word as jy na elke influencer op Instagram se raad moet luister.
Grootse grimeer fout wat ons maak?
Dis 2020 en mens sal dink ons vrouens weet van beter, maar Raine glo vas “ons kry dit nog steeds nie reg om ons onderlaag met ons velkleur te pas nie.
Onthou, nie net kan jou onderlaag te lig of donker te wees nie – kyk ook vir te pienk of geel.”
annette-dewet-alwaysanne-blog-raine-tauber

@rainetauber

Stop die ‘fake’ wenkbrou look  vir eens en vir altyd
Okay, kom ons gesels oor die volgende kontroversiële onderwerp – vet wenkbroue.
Ek is bevoorreg met my natuurlike voller en donker wenkbroue so dis moeilik om te relate, maar jinne mense daar is ‘n lyn… en nee, nie die een wat jy self met ‘n groot swart kokie pen getrek het bo jou oog nie.
Wat sê Raine? Sy is mal vir ‘n fluffy wenkbrou, maar dit moet natuurlik lyk.
Haar wenk is dat jy jou wenkbroue so natuurlik doen dat mense daaroor moet wonder.
Sy gebruik  ‘n brow promade van Swiitch Beauty (Beach Brow) en dan kleur sy in met die M.A.C shade en shape marker wat ‘n baie fyn borsel punt het soos ‘n kalligrafie pen waarmee sy individuele haartjies inteken.
Nog ‘n wenk is om net jou wenkbroue te pluk as dit regtig nodig is.
Van watter grimeer trends hou ‘n celebrity make up artist?
Volgens Raine het sy al ‘n leeftyd se love affair met glitter en sy hou ook van die natural skin tendens op die oomblik wat nie te glossy, dewy of matte is nie met ander woorde hoe meer dit lyk soos jou natuurlik vel, hoe beter.

80471600_620892421974487_7435965689279651337_n

@rainetauber

Raine se pet peeves:
* Modelle en kliënte, moet asseblief nie heeltyd op jou foon werk nie. Dit maak ons werk langer en ons moet jou heeltyd vra om op te kyk.
* Fake lashes wat so lank is wat dit amper puntloos maak om ander oog grimering op te sit.
* Stink asem! Hou asseblief altyd mint of kougom by jou.
* Spraytan! Ek kan nie die reuk uithou nie. Dit maak my ongelooflik naar.
* Wanneer mense ‘n ton coverage soek, maar hulle het reeds die perfekte vel.
Hoe gaan die coronavirus en inperkings grimering beinvloed vorentoe?
Raine glo dat vroue minder gereeld gaan grimering dra en gaan hinker na minder grimering in geheel, maar meer multi funksionele produkte gaan gebruik. Mooi voorkoms teen minimum moeite!
Tog is mooi grimering iets wat ‘n vrou altyd sal laat mooi voel soos rooi lipstiffie of blosser, so net die toekoms sal leer.

 

90244081_2867686399947270_2989521473260968004_n

@bycarlholman

WAT SÊ DIE TRENDS TYDENS COVID-19?

Soos dinge tans staan tydens die corona-virus is dit moeilik om die volgende groot trends te bepaal, want kenners weet nog nie wat die impak gaan wees nie. Tog voel baie dat skoonheid en grimering juis ‘n manier is om te ‘ontsnap’ van alles.

“Grimering is ‘n manier om jouself beter te laat voel en meer powerful, so ek het ‘n vermoede ons gaan sterk grimering soos rooi lipstiffie sien, want dit simboliseer krag. Ons wil ook nou meer dinge doen wat ons geestestoestand ‘n hupstoot gee soos DIY behandelinge en ander dinge wat ons by die huis kan toepas,” sê Raine.

88149197_2540350732846334_6299962784591223655_n

@lmda_ateliers

Volg LMDA Ateliers hierso:  https://talent.lmda.co.za/

Volg my asseblief op Instagram vir meer.

xoxo

Always, Anne

my 10 hoogtepunte by rooi rose

Rose was nog altyd my gunsteling blomme.. vir ‘n rede!

Ek was moedeloos besig om my 3 stout Au Pair kinders op te pas een middag toe ek die e-pos kry dat ek vir ‘n week by rooi rose mag kom intern.

262142_10151167701700017_877271946_n
Eerste dag as rooi rose intern (2012)

Dis was regtig nie maklik om in te kom by enige tydskrif nie, al het jy die regte graad en 77 ‘achievements‘ op jou CV gehad.

My eerste dag op kantoor was beter as enige toneel uit die ‘Devil Wears Prada‘. Soos die redaksie een vir een by die deur ingestap het, kon ek hulle erken aan die klein fototjies in die boek. Ek het my ‘Beauty and the Beast’ koffiebeker in die kombuis gaan bêre en vir myself gesê: “Self, hier sorg jy dat jy langer as ‘n week gaan bly!”

734778_10151276204625017_800447872_n
Die ‘famous’ koppie op my eerste dag. Ek het myself belowe my koppie gaan nerens

‘n Paar maande later en ek is aangestel as Digitale Redakteur. Na nog ‘n paar maande as Mode Stilis ook – ewe met ‘n besigheidskaartjie en al. Life was good!

95752043_651558232305983_2295001988073377604_n

Hier is my gunsteling oomblikke by rooi rose

1 Die eerste keer wat ek diè Martie Pansegrouw ontmoet het.

Sy het verby my lessenaar gestap en vir my ‘n Meryl Streep grinnik gegee en verder geloop. As ek my asma pompie by my gehad het, het ek hom gebruik. Dit was MAGIC! Later moes ek myself gaan voorstel en ek onthou daar het ‘n splinternuwe Louis Vuitton beursie op haar lessenaar gelê (ek het nog nooit Louis Vuitton in die vlees gesien nie) en heeltemal-niks-gewoond vra ek toe of ek daaraan mag vat… dit was ‘n persoonlike verjaarsdag geskenk van die handelsmerk self.

artworks-000286420367-yn7qiq-t500x500
Martie Pansegrouw

2 Ek het perongeluk Nataniël se verjaarsdagpartytjie onderbreek

Ek moes dringend vir Nataniël in die hande kry om reëlings te tref vir ‘n fashion shoot. Hy het baie bedroef geantwoord en gesê dat dit sy verjaarsdag is en dat hy oppad is om te speech. In plaas daarvan om die foon in my oor neer te druk, het ons begin praat oor ouderdom, gewig en alles wat jy nie behoort oor te praat as dit jou verjaarsdag is nie.

3 Om vir Diaan Lawrenson op ‘n voorblad-shoot te hê

Diaan is mooier as ‘n mens en ewe beeldskoon met of sonder grimering. Haar seuntjie was nog ‘n pap babatjie en klein Olivia het ook saam stel toe gekom. Terwyl Diaan voor die kamera was, het ek en Olivia saam prentjies geteken en grappies gemaak. Ek onthou daar was nie een lelike foto nie… en let wel die fotograaf neem duisende op die dag.

4 Ek het my dinges in Joburg se middestad verdwaal met ‘n padkaart

Terug in 2012/ 2013 was daar nie Google Maps nie, okay. Ek moes met ‘n padkaart regkom – weet jy hoe moeilik is dit vir ‘n plaasmeisie wat nie geweet het die N1 is so lank soos wat hy is nie? Ek moes baie keer na werk aandrokke terugvat na ontwerpers of bokse optel vir die volgende shoot en altyd, soosin altyd, het ek opgeëindig in Johannesburg se middestad – die een plek waar jy nie wil wees as jou selfoon se battery laag is nie. O ja, daar was ook nog nie regtig kar chargers nie.

Die ergste wat ek nog verdwaal het was toe ek by ‘n informele nedersetting uitgekom het waar hulle betoog het en brandende bande oor die pad gerol het… in my rigting!

My man het my egter geleer om altyd tot by die naaste garage te ry as ek verdwaal en dan daar vir hom te wag. Daardie reël het my al baie trane gespaar.

5 Koek en tee kuiers was verpligtend

Ons het gereeld die lekkerste koeke en soetgoed gekry by kliënte en adverteerders en dan het ons die groot tafel opgeruim en ‘n lekker pot koffie en tee aan die gang gekry. Dit was van my gunsteling tye wanneer almal saam om die tafel gekuier het – oud en jonk.

166755_10151348402474825_1530695673_n

549870_10151348401849825_1080521846_n
Saam met Michelle Nortjé, voormalige Digitale Redakteur

6  Afrikaanse fim bekendstellings was die lekkerste van lekker

My werk was om op te dress en voor die tyd al die bekendes op die rooi tapyt af te neem soos hulle opdaag. Dan het ek en my man lekker ‘fancy’ kos gekry en die film saam geniet.

Niks beur mens so op soos om tussen jou mense en kultuur wees en saam die mooi in die lewe te vier nie.

7 My bene en biceps het fantasties gelyk

Fashion shoots is nie so glam nie, maar dit is die beste werk op die planeet! Ek moes ‘n paar keer ‘n week gaan ‘source en return’ en self al die bokse en swaar sakke kar toe dra en vandaar by rooi rose gaan stoor. Rooi rose was op die 3rde of 4de vloer as ek reg onthou… Daar was ook nie mans by die tydskrif nie, so jy het maar jou hakke in die kattebak gelos, jou broek ekstra hoog opgetrek en self die werk gedoen. As ek nou terug kyk na foto’s was my arms letterlik in die beste vorm wat hulle nog ooit was.

8 Voorblad fotosessies

DIT was die goal! Die enigste, grootste goal in my leeftyd… and I did it! Ek kan nie eers begin om dit te beskryf nie. Mens kan nie.

Ek onthou wel die een keer na my blindederm operasie moes ek en my man in die aand na die studio toe ry in Mellville en self die mure ‘n sekere kleur gaan verf sodat dit die volgende oggend sou reg wees vir die shoot. Dit klink soos ‘n schlep, maar dit was een van my lekkerste memories.

530619_10151281860310017_240674997_n
LES322: n steamer brand net so seer soos n strykyster. Seerder.

9 Ons het baie hard gewerk en baie hard gespeel

Tussen die lekker funksies en mode bekendstellings moes ons hard werk. Ek was in beheer van die webwerf en moes elke dag vele artikels skryf en oplaai om seker te maak ons leserstal groei elke maand. Soms moes ek die stoorkamer regpak en argiewe sorteer, maar dit was ook lekker om al die ou artikels en foto’s te sien van waar die tydskrif begin het. Ek het vir die eerste paar weke net in die stoor gewerk en bokse sorteer.

14941_10151278288960017_1468987758_n
Stoorkamer selfies voor selfies ‘n ding was

Ja die funksies was ‘n bonus, maar na ‘n lang dag van werk moes jy vinnig vinnig in die badkamer aantrek en grimeer en dan super vars lyk by elke geleentheid – ‘n paar keer ‘n week. Dit het later so erg geword dat ek tydelik ‘n kamer naby my werk moes huur vir veiligheids en logistieke redes.

579191_10151392582015017_1894706500_n
Pienk genoeg?
1097218_10151610084325017_1179589717_o
Funksies saam met my kerel (nou manlief) was ons date nights

10 Die heel lekkerste deel van my werk by rooi rose was die mense

En nee, ek praat nie net van die bekends of mejuffrou Suid Afrika’s nie, maar die gewone mense! Ek het hier geleer om nooit te oordeel nie en te verstaan hoekom mense die keuses maak wat hulle maak.

Die mees interessante karakter wat ek nog ontmoet het was ‘n eks-satanistiese prostituut leier. Ek het haar letterlik gaan optel by Krugersdorp se treinspoor en saam met haar kantoor toe gery waar ons haar mooi gemaak het vir ‘n fotosessie.

‘n Ander keer moes ek ‘n gesin met ‘n gestremde seuntjie gaan stileer in Pretoria. Hy wou glad nie praat of stil sit vir ‘n foto nie, maar aan die einde het hy vir my klavier gespeel… wow… dit was so mooi! Ek het toe vir hom ‘n liedjie gespeel en so sy vertroue gewen. Die fotograaf wou al ry, toe speel ek en hy nog te lekker duets saam.

Dis baie hartseer nuus dat rooi rose nie meer met ons gaan wees nie, maar mens weet nooit wat die toekoms in hou nie. Ek is egter vir ewig dankbaar dat Martie en haar span vir my ‘n geleentheid gegee het vir ‘n voet in die deur. Dis waar alles begin het.

Agt jaar later en ek het al my tydskrif ‘goals’ bereik, want die fondamente was reg. My rooi rose fondamente.

My rooi rose familie, julle is onvervangbaar.

1381211_10151723732255017_234507140_n
Oktober 2013

*Volg my asseblief op Instagram by @annette_dewet.

Always, Anne

xoxo

UPDATE: AFI Fashion Week

afi cape town fashion week

AFI Fashion Week is just over a month away and I can not wait to get dolled up, show up and see what’s up with the latest local fashion trends fresh of the runway.

Adding to the build up, African Fashion International (AFI) has acquired an online marketplace for art, Wezart which fits perfect with their mission to promote and celebrate African creatives showcasing their work on global stages. #localislekker

1-54NYC_2019@brittanybuongiorno-4194_websize

 

This is part of the bigger picture for AFI to become a Digital hub for Africa’s creative industry, with interconnectivity between Fashion, Art and Music.

Started in 2016, Wezart aims to assist artists in Africa to sell their artwork online by creating a virtual gallery, make online sales and track their monthly sales!

The artwork from the online marketplace will be exhibited during AFI Fashion Week in Cape Town, giving exposure to the artists and an opportunity to make sales.

“I will continue working with AFI to reintroduce wezart.co.za to a bigger market and help artists in Africa grow,” says former Managing Director, Sihle Majola.

AFI will formally introduce wezart.co.za during AFI Fashion Week in Cape Town on Wednesday, 11th of March 2020 through an auction that will be hosted at the Cape Town International Convention Centre.

AFI Fashion Week will take place from the 12 – 14 of March 2020

cape town fashion week 2020 afi

Always, Anne

xoxo

Details | AFI Cape Town Fashion Week

Isn’t it the coolest fact that the African continent boasts the world’s largest millennial population and the fastest-growing middle class? #YAAAS

Creatives and fashion influencers from across Africa will turn up in Cape Town to experience a week-long of fashion festivities from 9 – 13 April.

The Mother City will be spoiled for choice as designers from Ghana, Nigeria, Tanzania, Cameron and Morocco pair up with local favourites such as Maxhosa by Laduma, Imprint and Marianne Fassler.

“Africa has always been a source of inspiration for the rest of the world. Africa can definitely compete with the global brands given the support and an enabling ecosystem, that is what AFI seeks to facilitate.” AFI Founder and CEO, Dr Precious Moloi-Motsepe

_DSC5061 - Copy

International luxury brands have penetrated local markets but lack valid African narratives that speak to distinct sense of style. While the world is investing in appealing to African consumers, home-grown creatives have the responsibility to set the trends.

 AFI Cape Town Fashion Week Programme Calendar

9 April Masterclass@ White Space

10 April Experience AFI @ White Space

11 April Gala Dinner

12-13 April Fashion Shows @CTICC

#IAMAFRICA

_DSC5315

For more information and tickets sales visit www.africanfashioninternational.com.

Always, Anne

xoxo

*Press release issued by AFI. Follow them on INSTAGRAM for more updates.

Runway Report: Be seen in Emerald Green

Emerald green is one of the most elegant colours to wear, but it doesn’t mean you can’t add an edgy twist to make your outfit POP!

What I love most about this colour is the fact that anyone can pull it off as it suits every skin tone.

Accessorise with rose gold jewelry or be fashion forward and add colour blocking pieces or prints like snakeskin to look like the next big Instagram influencer.

If you are aiming for a more classic look, wear a crisp white collar shirt paired with emerald green high-waisted pants – a popular choice to stand out in the workplace.

Hollywood A-listers like Emma Stone, Lupita N’yonga and Blake Lively have all been spotted rocking this luxury shade on the red carpet and local retailers are introducing more emerald green garments in their window displays for winter season.

A lot of African designers also played with this rich and royal colour at the recent Cape Town Fashion Week.

NICHOLAS COUTTS
NICHOLAS COUTTS
LUMIERE COUTURE
LEIGH SCHUBERT
NICHOLAS COUTTS
NICHOLAS COUTTS
AFI PRIVÈ
AFI PRIVÈ
LEIGH SCHUBERT

xoxo

Annette de Wet

PICTURES: African Fashion International (AFI)