Rose was nog altyd my gunsteling blomme.. vir ‘n rede!
Ek was moedeloos besig om my 3 stout Au Pair kinders op te pas een middag toe ek die e-pos kry dat ek vir ‘n week by rooi rose mag kom intern.

Dis was regtig nie maklik om in te kom by enige tydskrif nie, al het jy die regte graad en 77 ‘achievements‘ op jou CV gehad.
My eerste dag op kantoor was beter as enige toneel uit die ‘Devil Wears Prada‘. Soos die redaksie een vir een by die deur ingestap het, kon ek hulle erken aan die klein fototjies in die boek. Ek het my ‘Beauty and the Beast’ koffiebeker in die kombuis gaan bêre en vir myself gesê: “Self, hier sorg jy dat jy langer as ‘n week gaan bly!”

‘n Paar maande later en ek is aangestel as Digitale Redakteur. Na nog ‘n paar maande as Mode Stilis ook – ewe met ‘n besigheidskaartjie en al. Life was good!
Hier is my gunsteling oomblikke by rooi rose
1 Die eerste keer wat ek diè Martie Pansegrouw ontmoet het.
Sy het verby my lessenaar gestap en vir my ‘n Meryl Streep grinnik gegee en verder geloop. As ek my asma pompie by my gehad het, het ek hom gebruik. Dit was MAGIC! Later moes ek myself gaan voorstel en ek onthou daar het ‘n splinternuwe Louis Vuitton beursie op haar lessenaar gelê (ek het nog nooit Louis Vuitton in die vlees gesien nie) en heeltemal-niks-gewoond vra ek toe of ek daaraan mag vat… dit was ‘n persoonlike verjaarsdag geskenk van die handelsmerk self.

2 Ek het perongeluk Nataniël se verjaarsdagpartytjie onderbreek
Ek moes dringend vir Nataniël in die hande kry om reëlings te tref vir ‘n fashion shoot. Hy het baie bedroef geantwoord en gesê dat dit sy verjaarsdag is en dat hy oppad is om te speech. In plaas daarvan om die foon in my oor neer te druk, het ons begin praat oor ouderdom, gewig en alles wat jy nie behoort oor te praat as dit jou verjaarsdag is nie.
3 Om vir Diaan Lawrenson op ‘n voorblad-shoot te hê
Diaan is mooier as ‘n mens en ewe beeldskoon met of sonder grimering. Haar seuntjie was nog ‘n pap babatjie en klein Olivia het ook saam stel toe gekom. Terwyl Diaan voor die kamera was, het ek en Olivia saam prentjies geteken en grappies gemaak. Ek onthou daar was nie een lelike foto nie… en let wel die fotograaf neem duisende op die dag.
4 Ek het my dinges in Joburg se middestad verdwaal met ‘n padkaart
Terug in 2012/ 2013 was daar nie Google Maps nie, okay. Ek moes met ‘n padkaart regkom – weet jy hoe moeilik is dit vir ‘n plaasmeisie wat nie geweet het die N1 is so lank soos wat hy is nie? Ek moes baie keer na werk aandrokke terugvat na ontwerpers of bokse optel vir die volgende shoot en altyd, soosin altyd, het ek opgeëindig in Johannesburg se middestad – die een plek waar jy nie wil wees as jou selfoon se battery laag is nie. O ja, daar was ook nog nie regtig kar chargers nie.
Die ergste wat ek nog verdwaal het was toe ek by ‘n informele nedersetting uitgekom het waar hulle betoog het en brandende bande oor die pad gerol het… in my rigting!
My man het my egter geleer om altyd tot by die naaste garage te ry as ek verdwaal en dan daar vir hom te wag. Daardie reël het my al baie trane gespaar.
5 Koek en tee kuiers was verpligtend
Ons het gereeld die lekkerste koeke en soetgoed gekry by kliënte en adverteerders en dan het ons die groot tafel opgeruim en ‘n lekker pot koffie en tee aan die gang gekry. Dit was van my gunsteling tye wanneer almal saam om die tafel gekuier het – oud en jonk.

6 Afrikaanse fim bekendstellings was die lekkerste van lekker
My werk was om op te dress en voor die tyd al die bekendes op die rooi tapyt af te neem soos hulle opdaag. Dan het ek en my man lekker ‘fancy’ kos gekry en die film saam geniet.
Niks beur mens so op soos om tussen jou mense en kultuur wees en saam die mooi in die lewe te vier nie.
7 My bene en biceps het fantasties gelyk
Fashion shoots is nie so glam nie, maar dit is die beste werk op die planeet! Ek moes ‘n paar keer ‘n week gaan ‘source en return’ en self al die bokse en swaar sakke kar toe dra en vandaar by rooi rose gaan stoor. Rooi rose was op die 3rde of 4de vloer as ek reg onthou… Daar was ook nie mans by die tydskrif nie, so jy het maar jou hakke in die kattebak gelos, jou broek ekstra hoog opgetrek en self die werk gedoen. As ek nou terug kyk na foto’s was my arms letterlik in die beste vorm wat hulle nog ooit was.
8 Voorblad fotosessies
DIT was die goal! Die enigste, grootste goal in my leeftyd… and I did it! Ek kan nie eers begin om dit te beskryf nie. Mens kan nie.
Ek onthou wel die een keer na my blindederm operasie moes ek en my man in die aand na die studio toe ry in Mellville en self die mure ‘n sekere kleur gaan verf sodat dit die volgende oggend sou reg wees vir die shoot. Dit klink soos ‘n schlep, maar dit was een van my lekkerste memories.

9 Ons het baie hard gewerk en baie hard gespeel
Tussen die lekker funksies en mode bekendstellings moes ons hard werk. Ek was in beheer van die webwerf en moes elke dag vele artikels skryf en oplaai om seker te maak ons leserstal groei elke maand. Soms moes ek die stoorkamer regpak en argiewe sorteer, maar dit was ook lekker om al die ou artikels en foto’s te sien van waar die tydskrif begin het. Ek het vir die eerste paar weke net in die stoor gewerk en bokse sorteer.

Ja die funksies was ‘n bonus, maar na ‘n lang dag van werk moes jy vinnig vinnig in die badkamer aantrek en grimeer en dan super vars lyk by elke geleentheid – ‘n paar keer ‘n week. Dit het later so erg geword dat ek tydelik ‘n kamer naby my werk moes huur vir veiligheids en logistieke redes.


10 Die heel lekkerste deel van my werk by rooi rose was die mense
En nee, ek praat nie net van die bekends of mejuffrou Suid Afrika’s nie, maar die gewone mense! Ek het hier geleer om nooit te oordeel nie en te verstaan hoekom mense die keuses maak wat hulle maak.
Die mees interessante karakter wat ek nog ontmoet het was ‘n eks-satanistiese prostituut leier. Ek het haar letterlik gaan optel by Krugersdorp se treinspoor en saam met haar kantoor toe gery waar ons haar mooi gemaak het vir ‘n fotosessie.
‘n Ander keer moes ek ‘n gesin met ‘n gestremde seuntjie gaan stileer in Pretoria. Hy wou glad nie praat of stil sit vir ‘n foto nie, maar aan die einde het hy vir my klavier gespeel… wow… dit was so mooi! Ek het toe vir hom ‘n liedjie gespeel en so sy vertroue gewen. Die fotograaf wou al ry, toe speel ek en hy nog te lekker duets saam.
Dis baie hartseer nuus dat rooi rose nie meer met ons gaan wees nie, maar mens weet nooit wat die toekoms in hou nie. Ek is egter vir ewig dankbaar dat Martie en haar span vir my ‘n geleentheid gegee het vir ‘n voet in die deur. Dis waar alles begin het.
Agt jaar later en ek het al my tydskrif ‘goals’ bereik, want die fondamente was reg. My rooi rose fondamente.
My rooi rose familie, julle is onvervangbaar.

*Volg my asseblief op Instagram by @annette_dewet.
Always, Anne
xoxo